
ATTIE ERASMUS skryf:
Ek het ‘n maand gelede ‘n hartoperasie by Arwyp ondergaan. Deur die genade van ons Hemelse Vader het alles goed afgeloop.
Ek wil my vrou en kinders bedank vir hulle bystand en besoeke en al die familie en vriende vir hul gebede en boodskappe.
Dankie ook aan dr Janse van Rensburg wat my gediagnoseer en my lewe gered het en drs Grigorov en Davidson wat geopereer het.
Aan al die personeel van die harteenheid, wat alles gedoen het om my gemaklik te maak en te versorg, van die susters tot die vrou wat kos en tee bedien het, dankie.
Ek weet nou hoekom Arwyp die beste in Afrika is en sekerlik van die beste ter wêreld.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
