LOUIS BUCKLE skryf:
Ek het Vrydagaand, ongeveer ‘n halfuur nadat die kragonderbreking begin het, so in die donker die wêreld uit my sitkamer bekyk en ‘n hele klomp snaakse
vlieënde rooi ligte gesien wat vanaf êrens noord van my huis in Birch Acres deur die lug beweeg het en so in ‘n suid-westelike rigting gevlieg het.
Ek het altesaam 10 getel gedurende die tyd van so vier of vyf minute en gedink dis dalk lugmagvliegtuie, maar ek kon geen geluid van vliegtuie hoor nie.
Nadat een gelyk het of dit aan die brand raak en begin daal het, het ek besef dat dit dalk ballonne was met ligte wat iemand laat opstyg het.
Het enige ander mense dit ook gesien en weet iemand dalk wat dit was?
