LettersOpinion

Doen iets aan dié ‘entrepreneurs’

Ouer of naïeve mense sal dink daar is regtig iets fout met die wiel

HELÈNE DU TOIT skryf:

Dit het met my op die hoek van Dann- en Monumentweg by Woodbridge Square gebeur.

Die een “entrepreneur” het bly vinger wys na my kar se regter voorwiel sodat ek my venster moet oopmaak.

Hoe meer ek my kop skud, hoe meer het hy sy vinger rondgeswaai. Ou tannies en mense wat nie weet nie sal hulle vensters oopmaak of uit die kar klim om te kyk wat aangaan.

Ouer of naïeve mense sal dink daar is regtig iets fout met die wiel, soos die entrepreneur te kere gaan. Hulle sal of die venster oopmaak of uit die kar klim wat hulle ‘n “soft target” maak.

Ek het self op ‘n vorige geleentheid my venster oopgemaak en ‘n paar items, hoedjies, is in my kar gegooi en die “entrepeneur” was amper agterna.

Nee, my magtig. Iemand (soos die polisie) moet iets hieraan doen. Dit is gevaarlik en ons motoriste is nie eers meer veilig by ‘n rooi verkeerslig nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button