
MARIETA FOUCHÈ skryf:
Oos-Rand Akademie is ‘n skool met baie hoë Christelike waardes.
Dis ‘n skool waar elke leerder 110% aandag kry, binne en buite die klas. Hier kan leerders hulself wees en verseker wees van top akademiese onderrig. Die verskeidenheid van aktiwiteite waaraan leerders blootgestel word, help interaksie met almal in die skool, byvoorbeeld die onlangse suksesvolle revue.
Elke leerder en ouer het direkte toegang tot die hoof se kantoor en word almal behandel as een groot familie. Van klein tot groot ken almal mekaar en help mekaar waar nodig. Die vriendskapsbande wat die leerders opbou, is wonderlik.
Die mate van onderrig, respek en toegewydheid wat ons kinders hier ontvang, is ongelooflik en vir die kinders voel dit soos ‘n tweede huis en nie ‘n skool nie.
Ons besluit om ons dogter na Oos-Rand Akademie te skuif was voorwaar die beste besluit ooit.
Dankie aan al die personeel, hoof en ander leerders van Oos-Rand Akademie vir die verskil wat julle in ander se lewens maak.
