LettersOpinion

Diewe steel bejaardes se sleepwa

Lyk my in vandag se lewe kan jy maar inbreek en niks gaan met jou gebeur nie

H DU PLESSIE skryf:

Op 31 Oktober is my ouers se sleepwa uit hul erf in Edleen gesteel. Volgens ooggetuies was dit twee mans met ‘n swart voertuig.

Die elektriese hek is oopgebreek en die voertuig het in die erf ingery en die sleepwa gehak.

Ek wil net graag vir die twee mans sê, dis baie swak van julle om by bejaarde mense te steel. Hulle het hul hele lewe baie hard gewerk om alles te hê wat hulle het. Dan kom julle en steel hul besittings.

Ek hoop die mans sal slaaplose nagte hê oor wat hulle gedoen het. Hulle moet onthou dat hulle ook eendag oud gaan word.

En om alles te kroon, het die polisie nie eers die moeite gedoen om na die perseel toe te ry om te kyk vir vingerafdrukke nie.

Ons het die saak gaan aanmeld en dis dit. Lyk my in vandag se lewe kan jy maar inbreek en niks gaan met jou gebeur nie. Dis uiters swak en gemeen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button