LettersOpinion

Vrou vertel van gewapende roof voor haar Birchleigh-Noord huis

'Ek was een van de gelukkiges. God het my beslis beskerm'

Rene van Rooyen Kinghorn via Facebook:

Ek was Dinsdagoggend, 9 Desember om 10.20vm by my huis in Birchleigh-Noord  in ‘n gewapende rooftog betrokke.

Ek het vinnig huis toe gekom om iets te kom haal. Ek maak altyd seker niemand agtervolg my nie. Toe ek by my oprit uitry en klaar my hek toegemaak het, kyk ek links en sien ‘n silver BMW om die draai kom.

Ek het dadelik geweet wat kom! Ek het my kar in trurat probeer sit, maar dit was te laat. Hulle het my van agter geblok en die passasier het uitgespring en met sy vuurwapen na my kom. Ek het dadelik my deur oopgemaak en hy het gese ek moet uitklim en op die grond gaan le.

Ek het geweet ek het geen kans nie! Ek het gaan le en probeer opkyk en hy het gese as ek weer kyk, skiet hy. Na so ‘n minuut het hy nader aan mygekom nadat hy in die kar gekrap het.

Ek het my huissleutels na hom gegooi sodat hy nie nader aan my moet kom nie. Hy het die sleutels gevat en gese ek moet in die bestuurder se kant inklim. Ek het gevra wat hy wil ek moet doen. Hy het gevra waar is my foon en kontant.

Ek het vir hom gese my foon is in my handsak en R3 000 kontant ook. Hy het gevra het ek nog en ek het nee gese. Hy het nog gekrap en gese ek moet afkyk. Hy het uitgeklim, my deur toegemaak en weggejaag.

Ek kon darem ‘n registrasienommer kry, nie dat dit veel help nie! Hulle het twee fone, ‘n tablet, my gaspistool, my trouring, R3000 kontant, my huissleutels, karsleutels, beursie met ID’s, lisensie, bankkaarte, ens gevat. Ek het my sleutel in die aansitter gelos sodat hulle my kar kan vat, maar hulle het nie.

Ek was een van de gelukkiges. God het my beslis beskerm! Dankie aan elkeen wat so vinnig op die toneel was, veral Alpha.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button