
Lees ook: Mamma Padvark vat drawwer oom aan
ANONIEM skryf:
Aan Mamma Padvark, dit lyk my mense ken nie die reëls van die pad nie. Die stuk van die verkeerslig af tot by Riefonteinweg is slegs ‘n enkelbaan. Natuurlik sal ek, soos die oom, hoogs die duiwel in wees of ek nou raakgery was of nie.
Eerste, die sypaadjie is vir voetgangers gebou om die hulle veilig van die straat af te hou. Talle kere is ek al getoet en geskel wanneer ek terugkeer huis toe van die werk af met oorfone aan omdat ek die kar agter my nie kon hoor nie. Dié karre wil aan die linkerkant op die sypaadjie verbysteek.
Ek self het talle karre geskop wat my en my kind se lewe in gevaar stel. En die brief is nie net vir jou nie, Mamma Padvark, maar aan almal wat skuldig is hieraan.
Lyk my julle vergeet ook daar is skole by hierdie verkeersopeenhopings. Wat as dit ‘n kind was wat julle so trap? En, Padvark, ‘n man is ‘n man, of hy nou wit of swart is. Onbedagsaam is wanneer jy nie die geduld het om jou beurt in die tou af te wag nie.
En vir die wat van die ander rigting af kom, let wel, die drierigtingstopbordjies dui nêrens toegee na links aan nie. Ek is die afgelope sewe jaar ook talle kere daar amper raakgery. As daar plek is, ry, maar bly van die sypaadjie af.
Die persoon wat onbedagsaam was, was die mense voor jou (in hul reg) wat in die middel van die pad bly ry.
