LettersOpinion

Drawwer-omie wil plek net skoon hou

Kom ons kyk of ons nie almal die wet en padregulasies kan respekteer nie, dit sal bydra tot 'n beter samelewing

DRAWWER OMIE skryf:

Hierdie brief is geensins om die mamma met VW bus aan te vat nie, maar gun my om ‘n paar feite te stel.

Die hoof van EMPD het ongeveer ‘n jaar gelede ‘n versoek aan alle inwoners gerig om alle ongemagtigde advertensies van die pale te verwyder.

Enige advertensies wat met die munisipaliteit se toestemming aangebring word, mag onder geen omstandighede op padverkeerstekenpale aangebring word nie, dit is teenstrydig met die padregulasies.

Kemptonpark se sypaadjies laat veel te wense oor, laat staan nog die onooglike advertensies.

As ‘n drawwer vir meer as dertig jaar gehoorsaam ek die padregulasies om teen die verkeer te hardloop wanneer ek in die pad draf, maar indien ek saam met verkeer draf, doen ek dit op die sypaadjie.

Kom ons kyk of ons nie almal die wet en padregulasies kan respekteer nie, dit sal bydra tot ‘n beter samelewing. Die sogenaamde beledigende brief op jou windskerm was alles behalwe. Mamma het seker aanstoot geneem met die woord “bullebak”.

As dit die probleem is, dan is ek jammer. Wat die stamp van die spieël betref, wil ek net noem dat ‘n vragmotor my al met sy spieël gestamp het en behalwe ‘n sny aan my elmboog, het ek nie geval nie.

Rede? Omdat ek redelik fiks is en soos die Engelsman sal sê, “flexible”, aangesien ek ‘n gesonde leefstyl probeer handhaaf deurdat ek daagliks ‘n minimum van 15-20km probeer draf.

Mag 2015 ‘n veilige en skoon in pad in Kemptonpark wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button