LettersOpinion

Pluimpie vir metro se flink diens

Met die nodige toerusting is die pyp deurgetrek en die verstopping opgelos

FRANS VAN AARTSEN skryf:

Hiermee wil ek graag vir Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit se sanitasie afdeling baie dankie sê vir die goeie en flink diens wat ons Saterdag, 21 Februarie, in Edleen gekry het.

Aangesien ek gereeld die privaat mangat inspekteer, het ek vroeg die oggend gevind dat die water nie goed wegloop nie. Die pyp het toe vol rioolwater gestaan.

Ek het om 8vm ‘n nommer agter op die munisipale rekening geskakel en goeie hulp gekry.

Hoewel daar gesê is dat die reaksietyd tussen vier en 48 uur kan duur, het ‘n voertuig met werkers om 4nm voor my eiendom gestop. Hulle het dadelik die situasie ondersoek.

Daar is gevind dat die probleem buite my eiendom in die hoofpyplyn in die straat was en die probleem groter is as wat aanvanklik gedink is. Hulle het drie van die straatmangate oopgemaak en die probleem gesien.

Met die nodige toerusting is die pyp deurgetrek en die verstopping opgelos. Binne 40 minute was hulle op pad.

Weer eens baie dankie vir knap en flinke diens. Dit word opreg waardeer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button