LettersOpinion

Stem sal hy stem, maar nie vir DA

Sinnelose brief verveel kiesers

J FERREIRA van Birch Acres skryf:

Aangesien mnr Allan Sauls van die DA ons nou so pragtig inlig hoe demokrasie werk in die parlement, gun my ook ‘n paar woorde oor hoe demokrasie werk op grondvlak.

In wyk 13 van Kemptonpark, waar die einste mnr Sauls ons verteenwoordiger is, werk dit presies dieselfde as die sinnelose brief waarmee hy die kiesers van Kemptonpark verveel het. Niks wat hy geskryf het, is nuut nie. Ons weet dit.

Toe ek as kieser ‘n probleem gehad het, skakel ek hom en lig my beswaar. Hy het geluister en aanbeveel dat ek dit vir hom op skrif sit in die vorm van ‘n epos. Wat ek gedoen het.

Dit is nou so lank terug as 21 Februarie. Tot op hede het ek nog geen terugvoering van hom of sy kantoor gekry nie.

Dus, mnr Sauls, aangesien u baie goed weet hoe demokrasie werk, moet u baie waarskynlik besef dat aangesien nie u party, of die regerende party, na my klagtes luister nie, u my sodoende dwing om dan maar vir ‘n niksseggende ander party te stem wanneer dit weer stemtyd is. Maar stem, sal ek stem. Dit is demokrasie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button