LettersOpinion

Inbreker verras inwoner toe hy deur die dak spring

Hierdie manne is almal vrywilligers wat elkeen ook GPF patrollies en ander gemeenskapsdiens doen.

LOUIS BUCKLE van Birch Acres skryf:

Ek wil graag al die wonderlike mense van die Norkempark Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), wat hul medemens so vrywillig help, bedank vir hulle hulp.

Op Saterdag, 26 September, omstreeks 1.25nm is ek deur ’n inbreker in my gang verras. Hy het die deur van die buitetoilet stilletjies oopgebreek, deur die plafon geklim en deur die flap in die gang gespring.

Lees ook:

Burglar hides under bed with his loot

Burglar found hiding in shopping centre’s ceiling

Burglar tells domestic to sleep

Na ’n bietjie gestoei en geslaan het hy my ’n paar keer met ’n skêr in my linker- hand en -sy gesteek en my oorrompel. Hy het weggekom met my selfoon, elektriese skeermes, 9mm pistool, omtrent R500 kontant in my beursie en ’n seilrugsak waarin hy ’n klompie klere gepak het.

Ek het 10111 op my landlyn gebel en die polisie het vinnig gereageer, maar kon net my verklaring van die gebeure afneem.

My buurman, Jacques Munro, het kom hoor wat aangaan nadat hy die drie polisievoertuie gesien het en vir Martie Griessel van die GPF gebel, wat saam met Steven Stuttart kom hoor het of ek hulp nodig het. Martie het dadelik paramedici gebel om my ligte steekwonde te behandel.

Saterdag, 10 Oktober, om 9vm het Steven, saam met Johan van Heerden, Gerrie Olivier (Martie se skoonseun), en jong Mitchell, oftewel TT, met handsae en later elektriese kettingsae gekom om die dig oorgroeide honey-myrtle bos in die hoek van my tuin af te saag. Dit het ’n klomp betonpanele van die muur omgestoot en gebreek en dis waar die inbreker die erf binnegekom en agter geskuil het om die huis te bespied.

Hierdie manne is almal vrywilligers wat elkeen ook GPF patrollies en ander gemeenskapsdiens doen uit die liefde vir hulle medemens.

Dit is alles deur Martie gereël sonder dat ek gevra het. Hulle het ook betonmuurpanele gekry en ingesit en Johan het vyf of ses vragte takke met sy sleepwa na die Norkempark oorlaaistasie geneem. Hierdie manne is eers ongeveer 3nm baie moeg, warm en vuil hier weg. Niemand het gedink dat die bos so groot kon wees nie. Baie dankie julle.

Ek wil weer eens al die mense bedank vir hul wonderilke hulp: vir Martie en haar man Hendrik, wat alles gereël het en finale inspeksie gedoen het, vir Gerrie, Johan, Steven en TT wat alles gedoen het, vir Tia wat die betonpanele aangery het, vir al hulle vroue en andere wat deurentyd kom moed inpraat het, en ook vir Gerrie se twee jong kinders, Andre en Ziney, asook jong Tiaan Munro wat takke na die sleepwa gesleep en gelaai het voordat dit te warm geword het.

Ek is innig dankbaar vir julle hulp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button