Local sportSport

Khosa sal moet sokkies optrek

Khosa en Elsburg het mekaar in 'n voorbereidingswedstryd aangevat.

Op ‘n nat rugbyveld het twee spanne mekaar in ‘n voorbereidingswedstryd die stryd aangesĂȘ.

Elsburg het Khosa se eerste rugbyspan in ‘n taai wegwedstryd met 18 teenoor 7 geklop.

Daar was maar ‘n handjievol ondersteuners langs die veld en ‘n mens wonder of hulle doelbewus weggebly het as gevolg van die nat weersomstandighede en of hulle solank die kole reggekry het vir die braai nadat die Super 15-rugbyspanne gespeel het.

Maar die modderige veld het die klubrugbyspanne se geesdrif glad nie gedemp nie toe hulle verbete gestry het om punte op die telbord te kry – met of sonder hulle getroue ondersteuners.

In die eerste paar minute van die wedstryd het Elsburg die geleentheid gehad om punte aan te teken toe Khosa se rugbyspelers onkant was, maar die strafskop wat aan hulle toegeken is, was mis.

Elsburg was vasbeslote om die verlore punte in te haal en het hulle eerste punte op die telbord gekry met ‘n skepskop deur die pale.

Martin Jordaan, die heelagter, het ‘n gesigsbesering opgedoen en is vervang.

Enkele oomblikke voor die einde van die eerste helfte het Elsburg daarin geslaag om in moeilike omstandighede ‘n drie te druk, maar het die geleentheid om ‘n verdere twee punte aan te teken verbrou toe die doelskop mis was.

In die tweede helfte het Elsburg duidelik nie op hulle laat wag nie en vir nog ‘n gejuig in hulle kamp gesorg toe hulle ‘n drie agter die pale gedruk is. Die skopper het die doelskop weereens verbrou.

Teen daardie tyd was Khosa-afrigter Rudi Schutte se senuwees rou en het hy paniekerig voorgekom.

“Gelukkig is hierdie net ‘n voorbereidingswedstryd en kan ons seker maak dat al die foute voor die begin van die seisoen uitgestryk is,” verseker hy homself.

“Die nat weer speel ook ‘n rol.”

In die plasse water het die humeure ook plek-plek begin opvlam, maar dit is gelukkig gou geblus.

Die rugbyspelers van Khosa en Elsburg is in 'n stryd gewikkel.
Die rugbyspelers van Khosa en Elsburg is in ‘n stryd gewikkel.

Die flank AndrĂ© Steynberg is met Willie Britz vervang toe hy ‘n besering opgedoen het.

Elsburg het weer die geleentheid gebruik om nog ‘n drie te druk, maar weereens was die doelskop mis en die punte vir die wedstryd staan toe al op 18 teenoor nul.

In die doodsnikke van die tweede helfte het Khosa hulle eerste punte op die telbord gekry toe ‘n drie gedruk is. Ashley Slater, die kaptein het die punte na 18 teenoor 7 opgeskuif toe hy ‘n doelskop oorgeskop het.

 
Back to top button