Local sportSport

Dorp se bejaardes bly fiks danksy jukskei

Talle bejaardes van verskeie tehuise in Krugersdorp het onlangs bymekaargekom om hul staal te wys op die jukskeibaan.

Jukskeispelers van die Golden Age Village (ook die gasheer), Memorial Flats, Luipaardsvlei, Emmanuel en Môreglans tehuise het op Woensdag, 1 Februarie bymekaargekom waar die A-, B-, C- en D-spanne teen mekaar meegeding het.

Ongelukkig is die wedstryde nie voltooi nie as gevolg van die reën, maar Louise de Jager het vertel dat hulle weer op 15 Februarie ‘n byeenkoms hou. Hulle kom die eerste Woensdag van elke maand bymekaar om teen mekaar te speel en daar is ook trofeë vir die beste spanne.

Volgens Louise bevorder jukskei hand- en oogkoördinasie, spandinamika, leierskap, strategiese denke, perseptuele vermoë, taalontwikkeling, konsentrasie, selfbeheer en dissipline.

Jukskei is ook ‘n ontspannende sport en goeie oefening vir bejaardes,” het sy gesê.

Om by die Golden Age Village se jukskeispanne aan te sluit moet jy lid van Krugersdorp Council for the Care of the Aged (KCCA) wees.

Volgens Jukskei Suid-Afrika is daar in 2020 ‘n verslag onthul dat daar ongeveer 5 000 geregistreerde deelnemers is wat jukskei speel (uitsluitend inheemse sport deelnemers) en 74% van hul deelnemers is juniors (onder die ouderdom van 18 jaar).

Jukskei is ook trots Suid-Afrikaans en ook die enigste inheemse sport in Suid-Afrika waar daar internasionaal meegeding word. Jukskei SA verteenwoordig nege provinsies, 1 214 senior en 3 530 junior en skoledeelnemers, 135 klubs en skole.

Dries de Jager.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button