Editor's choiceLocal newsNews

Terapie en koffie ‘n wenkombinasie

Krugersdorp bejaardes kry oog-en-hand terapie deur glasmatjies te maak.

Verskeie bejaardes van Krugersdorp kry deesdae nie net die geleentheid om te kuier nie, maar ook om tussen al die pret deur gratis terapie te kry.

Tienke Bosher en Helen Aucamp, inwoners van Krugersdorp het die nood vir terapie onder bejaardes raakgesien en so is Sign Therapy gebore.

Annie Ferreira met haar handewerk.
Annie Ferreira met haar handewerk.

Bosher sê dit is ‘n kuns- en handwerkprojek wat bejaardes se oog-en-hand koördinasie oefen.

“Baie ander mense glo kuns- en handwerkprojekte het net te doen met papier, skêre, gom, kraletjies en skulpies – alles wat rondlê en in heeltemal iets anders omskep kan word.”

Tienke Bosher (links) help vir At Barnard met sy glasmatjie.
Tienke Bosher (links) help vir At Barnard met sy glasmatjie.

Sy sê hulle gebruik van hierdie afvalmateriaal, veral klein stukkies waardelose glas en viniel – ‘n afvalproduk van die reklame-industrie – om glasmatjies vir koffiebekers te maak.

“Nie net verskaf hierdie produk eindelose genot nie, maar dit laat bejaardes trots voel oor die eindproduk wat hulle self gemaak het en in die huis kan gebruik.”

Baie van die glasmatjies kan ook as geskenke gegee word.

Helen Aucamp (regs) verduidelik aan Angel Britz hoe die glasmatjies moet lyk.
Helen Aucamp (regs) verduidelik aan Angel Britz hoe die glasmatjies moet lyk.

Verskeie borge maak dit moontlik om hierdie projek aan te bied en Bosher sê indien daar enige ander besighede is wat betrokke wil raak kan hulle haar kontak.

“Ons is baie dankbaar vir almal se bydrae en ook ‘n groot dankie aan die Golden Age Village- en die Memorial Woonstel-inwoners wat ons laat voel het ons doen iets waardevols vir hulle.”

Ander ouetehuise of verswaktesorg-sentrums kan haar by 072 282 7831 kontak of ‘n epos stuur na [email protected]. Vir meer inligting besoek die webtuiste hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button