Local sport

Sand, skeie en spangees tydens dorp se bejaarde-jukskeikompetisie

Meer as 40 spelers van verskeie aftreeoorde het hul sportmanskap en fiksheid ten toon gestel tydens die jongste jukskeikompetisie in Wentworth Park.

Die bejaarde gemeenskap het hul fiksheid en sportmanskap getoets tydens die dorp se maandelikse jukskeikompetisie tussen verskeie aftreeoorde.

Die kompetisie het op 5 Augustus by Golden Age Village plaasgevind.

Volgens jukskeibestuurder Louise de Jager, word daar op die eerste Woensdag van elke maand ’n kompetisie tussen ’n aantal aftreeoorde in die dorp gehou. Die deelnemende spanne sluit Luipaardsvlei, Emmanuel en die Krugersdorpse Raad vir Bejaardesorg (KCCA) in.

KCCA se Elize van Blek in aksie. Foto: Heinrich Greyling

Sy het genoem dat 42 spelers aan die dag se kompetisie deelgeneem het, wat deel vorm van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se program vir bejaardes.

“Die samesyn is altyd spesiaal met die wedstryde, met baie gees, en hou die mense jonk. Dit is ook goeie oefening vir hulle,” het sy gesê.

Louise vertel dat twee van die spelers wat deelgeneem het, Johan van Niekerk en Annetjie Kanter, ook vanjaar aan die Golden Games deelneem wat vanaf Junie tot die einde van die jaar plaasvind.

Emmanuel se Tollie Jansen in aksie. Foto: Heinrich Greyling

Die uitslae van die dag is soos volg:

Die A-spanne:

• KCCA wen met 268 punte
• Luipaardsvlei was tweede met 222 punte

Die B-spanne:

• KCCA wen met 245 punte
• Emmanuel was tweede met 228 punte
• Luipaardsvlei was derde met 142 punte

Die C-spanne:

• KCCA C-span twee wen met 163 punte
• KCCA C-span was tweede met 157 punte
• Luipaardsvlei was derde met 123 punte
• Emmanuel C-span een was vierde met 123 punte
• Emmanuel C-span twee was vyfde met 121 punte

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button