School sport
2 Nories op die spoor van sukses
Noordskool se twee landloopatlete het hul beste by die Gautengkampioenskap gegee.
Twee Laerskool Krugersdorp-Noord-leerders het die skool se naam hoog gehou met hul deelname aan provinsiale landloopkompetisies.
Omolemo Molebatsane (o14) en Emily Erasmus (o7) is by die Gauteng-Wes-landloopspan ingesluit, en volgens die skool se woordvoerder, Quintin Botha, het die leerders op 12 September aan die Gautengkampioenskap deelgeneem.
Alhoewel hul nie deurgedring het na die Gauteng-span nie, vertel Quintin dat die skool ongelooflik trots is.
Hy sluit af dat Emily negende geplaas het, en Omolemo, 47ste.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
