Local newsNews

Liefdadigheidsorganisasie reik uit na ander

Stigter van die sopkombuis sê dit is wonderlik as die mense so uitreik na die gemeenskap.

Meer as dertig kinders van die Mug and Tree-sopkombuis is op 8 Junie met allerlei lekkernye en speelse aktiwiteite soos springkastele en boeresports bederf.

Lede van die Claremont Friends of the Aged, ‘n niewinsgewende liefdadigheidsorganisasie van Claremont in Randburg het van Mug en Tree-sopkombuis se noodlot te hore gekom en besluit om ook van hulle kant af ‘n bydrae te lewer.

Vir die dag is broodrolletjies aan die kinders uitgedeel wat soveel kon eet soos wat hulle wou. Pakkies met verskeie lekkers het ook groot glimlagte en soettande voortgebring.

Die kinders kon nie wag om die heerlike worsrolletjies te proe nie.
Die kinders kon nie wag om die heerlike worsrolletjies te proe nie.

Twee springkastele het gehelp dat die kinders al hulle oortollige energie kan uitspring soos hulle daarop baljaar en lag waarna ‘n paar boeresport aktiwiteite ook aangebied was.

Trudie Naudé, stigter van die sopkombuis sê dit is wonderlik as die mense so uitreik na die gemeenskap.

“Dit beteken die wêreld vir die kinders om bietjie uit te kon en iets te kan kry wat hulle kan doen.”

Claremont Friends of the Aged het ook items soos klere, speelgoed en ander noodsaaklikhede oorhandig.

Kinders van die Mug en Tree-sopkombuis het hulle lippe behoorlik afgelek toe hulle aan die heerlike worsrolletjies gepeusel het. Die koeldrank was 'n lekker manier om die kele weer te verfris.
Kinders van die Mug en Tree-sopkombuis het hulle lippe behoorlik afgelek toe hulle aan die heerlike worsrolletjies gepeusel het. Die koeldrank was ‘n lekker manier om die kele weer te verfris.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button