Local newsNews

Begrafnisdienste gee hulle deel vir die gemeenskap

Groente en vrugte is deur Avbob Krugersdorp aan Mug and Tree-sopkombuis oorhandig.

Die swaarkry lewe van kinders en volwassenes in die Krugersdorp gebied het Avbob, ‘n begrafnisdiens, se se hartsnare só geraak dat hulle besluit het om bietjie te help.

Marizanne en Henning Griessel het namens die Krugersdorp tak onlangs sakke vol groente en vrugte aan die Mug and Tree-sopkombuis geskenk, wat gebruik sal word om ‘n voedsame maaltyd aan dié minderbevoorregtes gemeenskap in Burgershoop, Appelpark en Krugersdorp-Wes te voorsien.

Marizanne sê hulle het hierdie skenking gedoen omdat hulle besef het dat ‘n mens nie net agteroor kan sit en niks kan doen nie.

“Dit het onder ons aandag gekom dat daar mense in ons gemeenskap is wat dringend hulp nodig het. Ons het besluit dat ons moet help sodat ons weer die glimlagte op die kinders se gesigte kan sien.”

Trudie Naudé, die stigter van die sopkombuis sê sy is altyd dankbaar vir al die hulp en ondersteuning wat hulle van die gemeenskap ontvang.

“Ek kan die gemeenskap waarborg dat ons geen donasies wat ons ontvang sal misbruik nie en sal selfs vir mense sê om nie goed wat ons in ‘n oormaat het by ons af te lewer nie en dit eerder vir organisasies wat dit ook nodig het te skenk.”

Sy sê sy is bly om te sien dat die mense hulle harte oopmaak.

“Ons ontvang ondersteuning van oral af!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button