Local newsNews

Kyk uit vir dié bedrieglike eposse

Maak seker dat jy nie deur kubermisdadigers van jou swaarverdiende geld beroof word nie.

Verskeie eposse wat lyk of dit van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) afkom doen weer die rondte en te midde daarvan dat mense gereeld oor sulke eposse gewaarsku word, val talle nog in die slaggat van kubermisdadigers.Die SAID sê op hulle webtuiste dat hulle ‘n afdeling op hulle webtuiste gaan hê waar hulle gereeld kennisgewings van enige nuwe slenters sal oplaai.

“Daar word willekeurig aan lede van die publiek vals en bedrieglike eposboodskappe gestuur om te lyk of dit van die SAID af gestuur word, maar is in werklikheid eposse wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers te kry om hulle persoonlike inligting soos bankrekeningbesonderhede te deel.”

Voorbeelde hiervan sluit in eposboodskappe met die volgende adresse: returns@sars.co.za, refunds@sars.co.za, message@e.sars.org.za, transactions@e.sars.org.za of notice.pmt@e-sers.za wat aandui dat belastingbetalers in aanmerking kom om terugbetalings van SAID te ontvang.

“Hierdie e-pos bevat skakels na valse vorms en valse webtuistes wat gemaak is om na die regte webtuistes te lyk, maar met die doel om mense om die bos te lei sodat kubermisdadigers die persoonlike inligting kan gebruik om die geld te onttrek.”

Die NUUS se lesers moet weet dat dit bedrog is en SAID-belastingbetalers moet kennis neem van die volgende:

• Moenie eposboodskappe oopmaak of daarop reageer as dit van onbekende bronne af kom nie.

• Pasop vir eposboodskappe wat mense se persoonlike, belasting-, bank- of eFiling-besonderhede aanvra (aanmelddata, wagwoorde, pinnommers, krediet-/ debietkaartinligting, en dies meer) aangesien die SAID nooit sy belastingbetalers vir sulke inligting in ‘n eposboodskap sal vra nie.

• Die SAID sal nie bankbesonderhede per telefoon, epos of op ‘n webblad aanvra nie.

• Wees op die uitkyk vir enige sms-boodskappe wat inligting aanvra.

• Rapporteer enige inligting oor ‘n uitvisslenter by phising@sars.gov.za of bel die teenkorrupsie hulplyn by 0800 002870. Diegene wat so ‘n epos kry, kan dit ook aanstuur na phising@sars.gov.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button