Local newsNews

‘n Nuwe lewe ná misdaad

Vaardigheidsprogramme laat gevangenes 'n kwalifikasie anders as misdaad verwerf.

Vir die publiek wat onder die wanindruk is dat gevangenes net na hulle ou gewoontes sal terugkeer sodra hulle uit die korrektiewe dienste vrygelaat word, is daar nuus.

‘n Groep gevangenes wat danksy vaardigheidsprogramme, wat by die Krugersdorp Korrektiewe Dienste aangebied word, ‘n nuwe lewe vir hulle self skep is dit

‘n manier om te wys dat hulle ‘n lewe wat voorheen uit misdaad bestaan het hok wil slaan.

Só ‘n gevangene, Stephen Pienaar (29) wat vir gewone roof in die tronk beland het en vandag met ‘n sertifikaat vir sweiswerk spog is dit ‘n geleentheid om, nadat sy tronkstraf verstryk het, ‘n inkomste op ‘n waardige manier te kan verdien.

“Ek het so baie ondervinding opgedoen terwyl ek hier is en om ‘n sertifikaat daarvoor te kan kry wat ‘n mens dan saam jou kan neem om ‘n werksgeleentheid te kan kry is die beste.”

Die gevangenes wat 'n nuwe lewe vir hulleself wil skep deur vaardigheidsprogramme wat by die gevangenis aangebied word. Van links is Stepen Pienaar, Francis Koekemoer (vaardigheidskoördineerder), Edwin Galant, Thabo Mokgau, Anton Koekemoer, Adolphus Tholo, Luthando Mpolweni, Nkosinath Gamede, Zakes Mashaba en Thabo Mabula.
Die gevangenes wat ‘n nuwe lewe vir hulleself wil skep deur vaardigheidsprogramme wat by die gevangenis aangebied word. Van links is Stepen Pienaar, Francis Koekemoer (vaardigheidskoördineerder), Edwin Galant, Thabo Mokgau, Anton Koekemoer, Adolphus Tholo, Luthando Mpolweni, Nkosinath Gamede, Zakes Mashaba en Thabo Mabula.

Gedurende sy tydperk by die korrektiewe dienste is hy ook aangestel om as fasiliteerder bystand te bied wanneer ‘n nuwe groep gevangenes ondervinding in sweiswerk wil doen.

Francis Koekemoer, ‘n bewaarder wat ook sy tyd afstaan om gevangenes met sweiswerk te help sê hulle lei elke maand twaalf gevangenes op.

“Elke kursus is ‘n maand lank en dit word regdeur die jaar aangebied. Baie wat nog nooit in sweiswerk belanggestel het nie, is gretig om hierdie nuwe vaardigheid aan te leer.”

Hy sê die program word reeds sowat tien jaar aangebied en word ook gebruik vir opknappingwerk in die korrektiewe dienste waar nodig.

“Daar word van hulle verwag om ons te help met die herstel van diefwering, sekuriteitshekke, deure en dies meer.”

Pottebakkery is ook een van die vaardigheidsprogramme wat aangebied word en vir baie gevangenes is dit ook die eerste keer wat hulle die kreatiewe kant van hulle brein gebruik.

Die produkte word by die korrektiewe dienste gemaak en dan in ‘n oond geplaas waar dit gebak word.

Die pottebakkers wat met kreatiwiteit vir hulle 'n nuwe lewe oopwerk. Van links is Michael Melken, Tshepanga Phamotse en Tembinkos Mdlaka met van hulle skeppings.
Die pottebakkers wat met kreatiwiteit vir hulle ‘n nuwe lewe oopwerk. Van links is Michael Melken, Tshepanga Phamotse en Tembinkos Mdlaka met van hulle skeppings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button