Local newsNews

Transnet Pyplyne: “Ons is bewus van vragmotorprobleem”

Hulle vra omverskoning en sê dat dit teen September beter sal gaan.

Transnet Pyplyne vra omverskoning vir die vragmotors wat aan weerskante van die paaie op die hoek van die N14 Ventersdorp- en R24 Krugersdorp-pad staan en wag om by die depots in te gaan.en sê hulle werk aan die probleem.

“Ons is daarvan bewus en die probleem word vererger omdat die depot se parkeerterrein eers in September vanjaar voltooi sal wees,” sê Saret Knoetze, Openbare Betrekkinge Bestuurder van Transnet Pyplyne.

Sy sê daar is ‘n sekuriteitsbeampte wat voltyds aangestel is om die verkeer by die depot te beheer en wat sal toesien dat die voertuie veilig by die depot in en uit sal beweeg nadat vragmotorbestuurders gekla het dat hulle nie die pad kan sien wanneer hulle uit die depot ry nie.

“Ons sal ook verseker dat hy in interaksie met die vragmotorbestuurders is om te verseker dat hulle nie aan die kante van die paaie parkeer nie en die sig van ander motoriste belemmer.”

Knoetze sê hulle vra om verskoning aan al die inwoners in die gebied asook aan die padgebruikers, en vra dat hulle geduldig sal wees totdat die parkeerarea voltooi is. Daarna sal daar ‘n groot verbetering by die depot wees.

Die NUUS het op 26 Junie gesien dat die aantal vragmotors wat langs die pad gestaan het, wel afgeneem het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button