Local newsNews

David Fourie verfilm musiekvideo by mynhoop

'n Krugersdorpse mynhoop het vir 'n dag die toneel geword waar 'n musiekvideo opgeneem is.

Die mynhoop langs die R28 onderweg na Randfontein is te sien in die sanger David Fourie se jongste musiekvideo Die Stem.

Ek wou hê die karakters moes in ‘n mileu vasgevang wees waar hulle verlore lyk en soek na die element wat hulle bestaan meer betekenis gee.

David het aan die NUUS vertel dat hy op die mynhoop besluit het omdat daar visueel niks aantreklik aan die plek is nie.

“Ek wou graag ‘n agtergrond vir die video gehad het waar daar niks is nie en dit moes amper soos ‘n toneel uit ‘n post-apokaliptiese era lyk.”

David se weergawe van Die Stem, wat deur die digter CJ Langenhoven se gelyknamige, bekende gedig geïnspireer is, handel oor die verlies aan identiteit en rigting.

“Daarom wou ek hê die karakters moes in ‘n mileu vasgevang wees waar hulle verlore lyk en soek na die element wat hulle bestaan meer betekenis gee.”

Hy sê die scenario is eintlik ‘n weerspieëling van die plek waar Suid-Afrikaners en veral Afrikaners hulleself nou bevind, in besonder met die stand van die landekonomie en al die veranderings wat hulle kultuur en identiteit raak.

David Fourie tydens die verfilming van sy jongste musiekvideo Die Stem by die mynhoop tussen Krugersdorp en Randfontein.
David Fourie tydens die verfilming van sy jongste musiekvideo Die Stem by die mynhoop tussen Krugersdorp en Randfontein.

Sy ouers, Elise en Christo Fourie is ook in die video te sien en hy sê hy het op hulle besluit omdat hy ‘n egpaar wou uitbeeld wat langer as 40 jaar getroud is.

“Ek wou die band tussen twee mense oor ‘n tydperk en die verlies daarvan in my liedjie uitbeeld. Mense wat weet dat dit my ouers is sal ook die band tussen ouer en kind kan verstaan – daardie band wat betekenis en rigting aan mense se lewens gee.”

David se jongste album ‘n Stukkie Hemel is op 1 Julie vrygestel en bevat 12 liedjies. Hy het dié keer ook sy lyf liedjieskrywer gehou.

“Dit is iets anders as waaraan my aanhangers gewoond is. Die Afrikaanse musiekmark het verander en omdat dit oop is vir iets nuut en vars het ek besluit om my eie stempel daarop af te druk. Ek het gedoen waarvan ek hou en wil graag sien hoe mense daarop gaan reageer.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button