Local newsNews

Twee sterf by spooroorgang

Die bestuurder was na sy familie onderweg toe die ongeluk plaasgevind het.

‘n Ongeluk op ‘n Tarltonse treinspoor teen omstreeks 9.30vm op 2 Augustus het die lewe van twee mense geëis toe ‘n lokomotief met ‘n ligte afleweringsvoertuig gebots het.

‘n Familielid van die bestuurder van die voertuig, Barrie Barnard (68), het vertel dat hy gesien het hoe Barnard by die spooroorgang stilgehou het en weer gery het.

Barnard was glo na sy familie se huis onderweg toe die ongeluk gebeur het.

Dit wil voorkom of hy hom met die spoed waarteen die lokomotief aangekom het, misgis het en die lokomotief het na bewering ook geen waarskuwingseine gegee nie.

Volgens Tarlton-inwoner en Vryheidsfront Plus se Gauteng Mediawoordvoerder, Amanda de Lange, was sy kort na die ongeluk op die toneel.

“Treine en lokomotiewe soos hierdie is potensiële moordwapens, veral as alle veiligheidsmaatreëls en voorskrifte nie honderd persent nagekom word nie,” sê sy.

“Die spoorlyn is nie baie besig nie en dié wat die oorgange gebruik, is daaraan gewoond dat treine waarskuwingseine gee wanneer hulle die oorgange nader. Dit is moontlik dat Barnard onder die indruk was dat die naderende lokomotief nie ‘n gevaar inhou nie.”

Bonny Molusi, die stasiekommissaris van die Tarlton Polisiestasie sê dit is die eerste ernstige treinongeluk in twee jaar.

“Daar was sowat twee jaar gelede ook ‘n ernstige treinongeluk sowat ‘n kilometer van waar hierdie een gebeur het.”

Hy sê ‘n saak van manslag word deur die polisie ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button