Local newsNews

Watergemors in Mindalore na glips

Die aanlê van nuwe lyne vir 'n landlyn telefoonoperateur ontaard in waterchaos.

‘n Waterpyp het vroeër vanmiddag gebars toe werkers van die private sektor dit per ongeluk raakgekap het.

Dié werkers, wat reeds vir die afgelope twee dae besig is om Telkom-lyne aan te lê op die R24 Hoofrifweg in Mindalore, het die pyp raakgekap toe hulle die slote vir dié lyne gegrawe het.

Water het soos ‘n fontein gespuit en duisende liters het in die pad afgespoel.

Met navraag het die werkers gesê dat hulle die munisipaliteit oor die glips in kennis gestel het.

Geen terugvoering van Nkosana Zali, Mogale City Plaaslike Munisipaliteit se woordvoerder, is tot op hede ontvang nie en dit is onseker of inwoners vandag met min of sonder water gaan moet klaarkom.

Indien jy in hierdie area woon, laat weet ons of daar enige waterprobleme ondervind word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button