
Die familie van Werner Theron is dringend opsoek na enige inligting wat kan help met die ondersoek van hul seun se ongeluk.
Theron (29) was te voet op pad huis toe rondom middernag op 7 Augustus op Robert Broomrylaan toe ‘n vermoedelike dronkbestuurder hom op die sypaadjie raak gery het.
Die voertuig se spieëltjie het Theron se linkerarm getref wat veroorsaak het dat hy ernstig beseer word.
Theron se pa het later die aand na die ongelukstoneel gegaan en stukke van die spieël opgetel. ‘n Deel van die motor was nog aan die spieëltjie vas wat aandui dat dit ‘n silwer motor kon wees. Theron het aan die polisie verduidelik dat hy vermoed dat ‘n sportnutsmotor hom gestamp het. Die motoris word ook daarvan verdink dat hy/ sy in nog ‘n ongeluk, ook op Robert Broomrylaan, daardie aand betrokke was.
‘n Jong man, tesame met sy vriendin, is van agter van hul motorfiets afgestamp ‘n paar minute voor Theron gestamp is.
Indien jy enige inligting het, skakel vir Len Theron by 082 964 5889.
