Local newsNews

Het jy konflik met jou bure?

'n Paneel deskundiges is byderhand om oor die probleem te gesels.

SABC2 soek na stories in Afrikaans vir ‘n splinternuwe reeks oor konflik tussen bure.

As jy sonde het met die bure wat net nie wil einde kry nie, hier is ‘n oplossing wat almal sal laat goed voel.

‘n Paar uitdagings wat baie mense daagliks die hoenders in maak vir hulle bure … kultuur en godsdiensverskille, grense, heinings en mure, geraas, katte, baldadige kinders en blaffende honde, geeste, spoke, tokolossies en heksery, diefstal, inbrake, parkering, vullis, huismoles, sjebeens, wettige en onwettige besighede langsaan, dwelms en nog veel meer!

Die vervaardigers nooi alle Afrikaanssprekendes en hulle bure in die Krugersdorp-area om hul stories op SABC2 te kom vertel.

Dis baie belangrik dat julle toestem om julle storie op SABC2 te vertel. Kontak hulle net as jy bereid is om op televisie te verskyn.

‘n Paneel deskundiges is byderhand om oor die probleem te gesels en sommer net daar en dan op te los.

En die van julle wat regtig goed oor die weg kom met julle bure, veral as hulle van ‘n ander kultuurgroep af is – laat hulle gerus weet. Hulle stel baie belang in julle suksesresep.

Sms op telefoonnommer 079 315 6294. Los ‘n kort beskrywing van jou probleem en hulle sal julle kontak.

Of stuur ‘n epos aan vredemetdiebure@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button