Nories samel blikkies vol geld in
Tydens die Eetstaking word mense aangemoedig om die geld wat hulle vir 'n dag aan kos sou bestee aan Helpende Hand se Kosblikkieprojek te skenk.
Die leerlinge van Hoërskool Noordheuwel het tydens Helpende Hand se jaarlikse Eetstaking ten bate van die nasionale Kosblikkieprojek, blikkies vol geld ingesamel.
Dié blikkies is op 21 Augustus aan Helpende Hand oorhandig. ‘n Totaal van R2 094, 06 was die die skool ingesamel.
Die Kosblikkieprojek behels ‘n voedingskema wat in samewerking met POWER foods bedryf word.
Vanjaar neem 66 kleuterskole met ‘n totaal van 5 146 kleuters aan die voedingskema deel. Voedselhulp is ‘n groot behoefte vir kleuterskole in die Suid-Afrika.
Tydens die Eetstaking word mense aangemoedig om die geld wat hulle vir ‘n dag aan kos sou bestee aan Helpende Hand se Kosblikkieprojek te skenk.
Deur honger te ly ervaar mense ook hoe moeilik dit vir kleuters is om sonder die voldoende voeding te konsentreer en te ontwikkel.
