Sorgsentrum maak kinders wys oor gesonde tande
Met die skooltjie se aankoms was die kinders vermaak met 'n opvoedkundige verhaal van mondhigiëne.
Stefanie van Zyl, eienares van die Wysneusies Kleuterskool in Wentworthpark het met Evolve Health and Wellness Centre gereël vir gratis mondondersoeke vir die kinders as deel van hulle Tandeweek-program.
Dr Winston van Wyk en dr David Jankelowitz, wat die tandarts praktyke beman, sê dat vroegtydige diagnose van tandbederf noodsaaklik is in die voorkoming en behandeling van potensiële mondsiektes.

Dr Nico Fourie, homeopaat en eienaar van Evolve verwelkom hierdie geleentheid om kinders bewus te maak van mondhigiëne en tandheelkunige gesondheid.
Met die skooltjie se aankoms was die kinders vermaak met ‘n opvoedkundige verhaal van mondhigiëne. Die sentrum het ook vir die sowat 100 kinders heerlike gesonde bedefthappies aangebied terwyl een vir een deur die tandartse ondersoek word.
Ander kleuterskole wat dieselfde wil doen is welkom om die sentrum te kontak by 011 664 8034.
Besoek gerus die galery vir meer foto’s van daardie dag se besoek.

