School sport

Kennies sluit netbalseisoen met ligatitels en provinsiale eer af

Met uitblinkers op span- én individuele vlak het Kennies sy plek onder die provinsie se sterkste netbalskole bevestig.

Laerskool Kenmare kan met trots terugkyk op ‘n uiters suksesvolle 2026-netbalseisoen waartydens spelers deurgaans groei, toewyding en uitstekende sportmanskap getoon het. Die seisoen is met indrukwekkende prestasies op liga- én provinsiale vlak afgesluit.

Volgens Peter du Toit, hoof van sport, kultuur en bemarking by Kennies, was dit een van die skool se sterkste netbalseisoene in onlangse jare, met verskeie spanne en spelers wat hulself op hoë vlak onderskei het.

‘n Kruiner gooi die bal na ‘n spanmaat. Foto: Clinton Botha

Die o12B-span het die ligaseisoen as ligawenners afgesluit, terwyl die o12A- en o13A-spanne direk vir die Gauteng Kampioenskappe gekwalifiseer het.

By die kampioenskappe het die o12A-span die 18de plek in Gauteng behaal, terwyl die o13A-span die toernooi as die 14de beste span in die provinsie afgesluit het.

‘n Kennie probeer ‘n aangee keer. Foto: Clinton Botha

“Die grootste hoogtepunt was beslis dat beide die o12A- en o13A-spanne direk na die Gauteng Kampioenskappe deurgedring het. Dit is ‘n besondere prestasie waarop ons baie trots is,” het Du Toit gesê.

Op individuele vlak is Jaime Kruger en Zariah Maritz gekies om Gauteng by die All Ages-toernooi, wat van 28 Junie tot 2 Julie plaasgevind het, te verteenwoordig.

Volgens Du Toit is daar ook verskeie ander spelers wat met hul vertonings gewys het dat hulle die potensiaal het om in die toekoms op distrik- en provinsiale vlak mee te ding.

'n Kruiner stuur 'n lang aangee na 'n spanmaat met 'n Kennies-speler wat druk toepas. Foto: Clinton Botha

Hy het bygevoeg dat veral die o12- en o13-ouderdomsgroepe vanjaar beïndruk het met hul toewyding, ontwikkeling en prestasies.

“Dit spreek van die gehalte van ons program,” het hy gesê.

‘n Kruiner soek na ‘n spanmaat om die bal aan te gee. Foto: Clinton Botha

Hoewel die netbalseisoen nou afgehandel is, verskuif die fokus na individuele provinsiale verteenwoordiging en voorbereiding vir volgende jaar se seisoen.

Du Toit het afgesluit deur die rol van ouers en ondersteuners te beklemtoon.

Tarisca Scrooby soek ondersteuning. Foto: Clinton Botha

“Hul ondersteuning langs die baan, hulp met logistiek en voortdurende aanmoediging speel ‘n geweldige rol in die ontwikkeling en selfvertroue van ons spelers. Ons is baie dankbaar vir die sterk sportkultuur wat hulle help bou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button