Local newsNews

Paartjie vier 67 jaar saam

Die NUUS wens die Krugers baie geluk met hierdie merkwaardige mylpaal en alle voorspoed toe.

Oom Louw en Tannie Susan Kruger het op 31 Augustus ‘n besonderse rede gehad om hul liefde vir mekaar te vier.

Hulle is 67 getroud en het die spesiale geleentheid saam met vriende en familie gevier.

Oom Louw is die jongste van nege kinders en Tannie Susan, ook die jongste van nege kinders, het mekaar in Februarie 1946 in Roodepoort ontmoet.

Op 31 Augustus 1946 het hulle in die huwelik getree.

Hulle het in 1954 ‘n huis in Silverfields gekoop en bly steeds in Krugersdorp. Hulle woon tans in ‘n kompleks in Krugersdorp-Noord.

Tannie Susan het lank by die poskantoor in Kenmare gewerk en Oom Louw was in die ingeneurswese.

Uit die huwelik is vyf kinders gebore – twee dogters en drie seuns.

Die oudste seun is op veertienjarige ouderdom oorlede.

Oom Louw en Tannie Susan het ook tien kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Die NUUS wens die Krugers baie geluk met hierdie merkwaardige mylpaal en alle voorspoed toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button