Local newsNews

Motorfietsryer trek deur lug; oorleef

'n 41-jarige motorfietsryer is in 'n ongeluk in Voortrekkerweg beseer.

Ooggetuies het ‘n motorfietsongeluk waarin ‘n 41-jarige man buite die Burger Box padkafee in Voortrekkerweg beseer is, soos ‘n toneel uit ‘n rolprent beskryf.

“Die motorfietryer het die een oomblik om die draai gery en die volgende oomblik het hy deur die lug getrek en meters ver van sy motorfiets af op die teerpad gegly,” het ‘n ooggetuie vertel. Die man het vermoedelik uit Voortrekkerweg in die dienspad voor Burger Box ingedraai en wou verder aan weer in Voortrekkerweg indraai.

Niemand anders is beseer in die ongeluk wat teen middagete op Maandag 30 September plaasgevind het nie, en ER24-paramedici was gou op die toneel om na die beseerde motorfietsryer om te sien.

Die beseerde man van Roodepoort se kant af in die rigting van Krugersdorp gery het, meen hy het sy bewussyn verloor voordat hy net verby die padkafee in Voortrekkerweg kon indraai.

Ooggetuies het gestaan en toekyk hoe mediese personeel na die man omsien en sy erg beskadigde motorfiets – ‘n swart Honda Blackbird 1100 – is met ‘n insleepvoertuig van die toneel verwyder.

Die motorfietryer is met skraapwonde aan sy liggaam, ‘n oop wond aan sy enkel en ’n vermoedelik gebreekte voet na ‘n nabye hospitaal geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button