Hulle is die steunpilaar van die gemeenskap
"Jy word vriendelik ontvang en voel tuis. Die nederigheid van elke personeellid kan mens nie miskyk nie."
“Dis voorwaar ‘n voorreg om aan elke personeellid van die Magaliesburg Poskantoor baie geluk te sê met die twee verdienstelike trofeë wat hulle ontvang het,” sê Helena Hattingh.
Onder die bekwame leiding van Antionette Jacobs (takbestuurder) kan dit nie anders nie.
Nadat die poskantoor uit ‘n gevestigde gebou na die Spar geskuif is, en die personeel een oggend ‘n gewapende roof moes trotseer, is daar uiteindelik ‘n veiliger plek gekry en kon die poskantoor verskuif word terwyl Helena nog raadslid was.
“Dit is vir my net ‘n plesier om in ons poskantoor in te stap. Jy word vriendelik ontvang en voel tuis. Die nederigheid van elke personeellid kan mens nie miskyk nie.”
Die bewoording van die trofee lees as volg: Magaliesburg is the overall winner in the West Rand area for achieving the highest percentage in the operation audit evaluation.
“Mag hulle van krag tot krag gaan in die jare wat voorlê.”
