Local newsNews

Eierprodusente voed honger mae

Elke pakkie het ‘n eiertoebroodjie, vrugte, vrugtesap en ‘n heerlike stuk versierde koek bevat.

Talle honger mae is gevul toe verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse eierprodusentebedryf in Burgershoop besoek afgelê het.

Die bedryf, wat daartoe verbind is om te verseker dat mense van oor die wêreld toegang tot volhoubare voedsel van ‘n hoë gehalte het, het op Nasionale Eierdag – 1 Oktober – met 105 kospakkies aan plaaslike nie-winsgewende organisasie Huis Jerusalem se deure geklop.

Elke pakkie het ‘n eiertoebroodjie, vrugte, vrugtesap en ‘n heerlike stuk versierde koek bevat.

Volgens Huis Jerusalem se bestuurder, Ann Labuschagné stap gemiddeld 80 kinders elke dag by Huis Jerusalem se deure in vir wat soms hul enigste maaltyd vir die dag is.

Volgens die Eierraad se verteenwoordiger, Daniel van der Merwe het hulle besluit om “ten minste een maaltyd spesiaal te maak deur die kinders met ‘n lekker dog voedsame pakkie kos te verras”.

Daar is ook voorsiening gemaak vir 35 behoeftige ouers.

Ann het die raad vir die skenking bedank en het alle rolspelers verseker dat hulle ‘n daadwerklike verskil in iemand se lewe gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button