Local newsNews

Skoolkinders beseer toe bussie omslaan

Sowat 32 kinders is beseer toe die skoolbussie waarin hulle vervoer is op die R24 omgeslaan het.

Sowat 32 kinders van die Unity Primary School is vanoggend net voor 8vm beseer toe ‘n skoolbussie vanaf Krugersdorp op die R24 (Albertina Sisuluweg) onderweg na Tarlton omgeslaan het.

Die toneel was omring deur omstanders en nooddienspersoneel wat geskarrel het om die beseerde kinders te hulp te snel.

‘n Paramedikus sê daar was 52 kinders tussen die ouderdom van vyf en 15 in die skoolbussie. Leerlinge wat nie beseer is nie, is waarskynlik met ‘n ander bussie skool toe geneem.

Vanessa Jackson, ‘n woordvoerder van ER24 sê gelukkig is niemand ernstig beseer nie ten spyte daarvan dat die insittendes rondgeslinger is toe die bussie omgeslaan het.

“Al die kinders kon daarin slaag om hulleself te bevry of is deur medeleerlinge gehelp om uit die wrak te klim.”

Jackson sê paramedici het die beseerdes op die toneel behandel voordat hulle deur verskeie ambulansdienste na hospitale in die area geneem is.

“Dit wil voorkom of geen ander voertuie in die ongeluk betrokke was nie.”

Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie. ‘n Polisie-ondersoek sal bepaal wat veroorsaak het dat die bussie omgeslaan het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button