MunicipalNews

Inwoner dring aan: “Mogale City ons soek antwoorde”

'n Inwoner wil weet of die water wat hulle deesdae drink veilig is na die wateronderbrekings wat Kenmare en omgewing die afgelope tyd geraak het.

‘n Inwoner van Kenmare, Paul Spies, sê hy wil antwoorde van Mogale City Plaaslike Munisipaliteit hê oor die watertekort wat dié area vir die soveelste keer hierdie jaar getref het.

Hy sê vandat die watertekort in September begin het, voel dit vir hom of die area se waterkwaliteit ook nie meer dieselfde is nie.

“Voorheen kon ek nie regtig ‘n verskil tussen gebottelde water en die water uit ons krane proe nie, maar deesdae is die water soms so ‘n vuil, bruin kleur en dit smaak amper bitter.”

Spies sê daar word vir hulle gesê dat die water Blou Druppel-status geniet, maar hy kan nie sien dat dit meer die geval kan wees nie.

“Ons weet nie meer wat ons inkry as ons dit drink nie. Ek sal graag wil weet of ons gemeenskap se gesondheid nie in gedrang is nie – ek glo ons het die reg om te weet wat aangaan!”

Hy en sy huisgesin drink deesdae water wat hulle óf ten duurste by die winkel moet aankoop óf moet kook en in die yskas hou.

“Ons oorweeg dit om ook ‘n filtreerstelsel aan ons kraan te koppel.”

Oor die watertekorte wat hulle as inwoners ervaar het, sê hy dat dit al beter gaan want dit was aaklig om so te lewe en op ander mense te moet staatmaak om te kan bad.

Vrae oor die stand van sake rakende die Kenmare-reservoir is aan Nkosana Zali, woordvoerder van die munisipaliteit gestuur, maar hy het nie daarop gereageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button