Local newsNews

Ma in ongeluk toe sy seuntjie wou gaan haal

'n Vrou is nie te ernstig beseer toe sy onderweg na Witpoortjie om haar seuntjie by haar ma te gaan haal, in 'n ongeluk betrokke was nie.

‘n Vrou (25) wat op 11 November omstreeks 4.15nm met ‘n vragmotor van ‘n kabelmaatskappy op die R24-Hoofrifweg (Albertina Sisuluweg) gebots het, is nie te ernstig beseer nie.

Die Volkswagen Golf het ongelukkig nie so goed daarvan afgekom nie en sal afgeskryf word omdat dié motor se hele voorkant met die impak ingeduik is.

Piet Dithotse, die bestuurder van die vragmotor sê hy het baie groot geskrik toe die motor met hom gebots het.

“Ek was in die regterbaan en wou by Lotzstraat in Mindalore afdraai toe ek die slag voel.”

Die drie passasiers agter op die vragmotor sê hulle het ook geskrik.

“Dit het alles so onverwags gebeur,” het een van die passasiers gesê.

Hulle sê familielede het die vrou kom haal en haar na ‘n hospitaal toe geneem het.

Die vrou se skoonma sê sy was oomblikke voor die ongeluk by haar en was onderweg om haar seuntjie by haar ma in Witpoortjie te gaan haal.

“Sy was in die linkerbaan en het na die regterbaan oorbeweeg. Omdat die verkeer reeds druk was, het sy daarop gekonsentreer en in die proses nie die vragmotor voor haar gesien toe sy van bane verwissel het nie.”

Sy sê sy het met die impak haar kop gestamp en borsbeserings opgedoen.

“Sy is met siekteverlof en sal weer op 18 November by die werk wees,” het haar skoonma bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button