Local newsMunicipalNews

Kinderhuis se babas het diarree

Die gebruik van swembadwater en die gebrekkige sanitasie tydens die watertekort het moontlik tot die siekte bygedra.

Twaalf babas wat in die sorg van The Bethany House Trust (TBHT)is, het diarree omdat die krane sedert Vrydagaand 15 November leeg is.

Gert Jonker, die Hoof Uitvoerende Beampte van TBHT sê dit is moontlik dat die voortdurende gebruik van swembadwater en die gebrek aan vars water vir basiese sanitasie die rede vir die diarree kan wees.

Sestig wees- en kwesbare kinders woon in die kinderhuis. Jonker sê alhoewel die situasie onder beheer is, word die kinders van die reg tot toegang tot vars water ontneem.

“Die munisipaliteit kan nie sê waarom daar nie water is nie en wanneer die watertoevoer weer herstel sal wees nie.”

Hy sê vrae wat aan die raad gestuur is, bly onbeantwoord.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button