MunicipalNews

Watertoevoer herstel – vir eers

Die watertekort wat dele van Krugersdorp die afgelope week geraak het, blyk vir eers verby te wees.

Dit lyk of die watertekort wat dele van Krugersdorp die afgelope week geraak het, vir eers iets van die verlede is.

‘n Betroubare bron het vanoggend 21 November aan die NUUS gesê dat die Kenmare-reservoir gister weer aan Mogale City Plaaslike Munisipaliteit oorhandig is sodat die finale stappe gedoen kan word om die reservoir weer in bedryf te stel.

“Die werk om die reservoir te herseël is afgehandel en dit sal nou volgetap word. Daarna sal toetse en die nodige stappe gedoen word om seker te maak dat die water veilig vir menslike gebruik is.”

Dié bron sê dat die watertoevoer reeds van gister af by huishoudings herstel is omdat die water direk van Rand Water se reservoirs in Waterfordweg kom.

“Daar was gister ‘n klein probleempie met dié watertoevoer, maar die fout wat ingeglip het is vinnig reggestel.”

Dele van Wentworthpark en Krugersdorp-Wes was ook vir ‘n ruk sonder water om die geaffekteerde dele van Kenmare, Monument, Noordheuwel en Factoria van voldoende water te voorsien.

“As alles hierdie week vlot verloop behoort die Kenmare-reservoir weer teen 29 November ten volle te funksioneer. Rand Water en Mogale City het saamgewerk om die probleme op te los.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button