Local newsNews

Joodse leiers vra hulp om grafte te red

Joodse leiers loods projek om grafte te herstel.

Die Verenigde Hebreeuse Raad (VHR) van Krugersdorp het onlangs by die Burgershoop Begraafplaas besoek afgelê waar onder meer 32 Joodse grafte deur vandale geplunder is.

‘n Joodse geestelike leier in Suid-Afrika, rabbi Moshe Silberhaft was deel van die span wat ondersoek ingestel het en het aanbeveel dat sodra grafstene herstel is, dit horisontaal teruggeplaas moet word. Hy het genoem dat dit reeds in baie ander begraafplase gedoen word.

Silberhaft het ‘n beroep op die mense van Krugersdorp en spesifiek sy Joodse inwoners gedoen om skenkings te doen om die grafte te help herstel.

VHR voorsitter Barry Friedman het ook gevra dat familielede van oorledenes wat nie in Krugersdorp woon nie ook hulp verleen.

Hy noem dat daadwerlike pogings aangewend sal word om die betrokke families te kontak om hulle oor die skade en herstelplanne in te lig.

Silberhaft vertel dat die instandhouding van familielede se finale rusplek deel uitmaak van die Joodse geloof en kultuur.

Inwoners wat wil bydra tot die projek om grafte te herstel kan Friedman by 082 820 8668 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button