CrimeNews

Vragmotor vol varke op pad slagpale toe gekaap

'n Vragmotor met 25 varke daarop is in die Chamdor-area gekaap.

Net oor die twee dosyn varke en ‘n vragmotor word gesoek nadat dit glo in Chamdor gekaap is.

Volgens Krugersdorp SAPD-woordvoerder Tshepiso Mashale was ‘n vragmotorbestuurder Woensdag 11 Desember onderweg na ‘n slagpale in die area toe drie mans verby hom ry en aan hom beduie om stil te hou.

“Die bestuurder, besorgd oor die vee agter op sy vragmotor het onmiddellik gestop en uit die voertuig geklim,” sê Mashale.

Die motor met die drie insittendes het voor die vragmotor stilgehou en ‘n groep vermeende kapers het uitgeklim.

“Die mans het op die bestuurder afgestorm en hom aangerand en gewurg,” vertel Mashale.

“Moenie jou bekommer nie, ons is hier om besigheid te doen,” het een van die mans aan die bestuurder gesê.

Daarna is hy in die motor gedwing en later op ‘n onbekende plek afgelaai.

‘n Verbyganger het hom opgelaai en na die Kagiso Polisiestasie geneem waar die saak aangemeld is.

Die SAPD doen ‘n beroep op enige iemand wat meer inligting oor die Nissan-vragmotor met registrasienommer CCB 516 GP en die 25 varke het, om na vore te kom.

Ondersoekbeampte luitenant Baloyi kan by 083 514 0641 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button