CrimeNews

Twee dood aan kopskote tydens Muldersdrift-skietery

'n Muldersdrift-inwoner se vrae bly onbeantwoord na twee huurders koelbloedig op sy grond vermoor is.

‘n Bloedige moordtoeneel op sy kleinhoewe is die laaste herinnering wat Muldersdrift-inwoner Koos Pretorius (55) van 2013 het nadat twee van sy huurders kort voor die nuwejaar op sy perseel doodgeskiet is.

Dit was ‘n reënerige Vrydagaand toe Pretorius ‘n oproep kry om hom in te lig dat twee gewapende mans op sy perseel was en dat ‘n skietvoorval omstreeks 9nm 30 meter van sy huis af plaasgevind het.

“Ek het na die huurders se huis gejaag en op die bloedige toneel afgekom waar hulle albei in die kop geskiet is; die geklinkde koeëldoppies het nog op die grond gelê,” vertel hy.

Pretorius het dadelik die polisie en nooddienste ontbied.

“Albei het verdwaal en ek moes hul uiteindelik op ‘n sentrale plek ontmoet en tot by die huis lei,” sê Pretorius.

Die honde-eenheid is ook ontbied om vas te stel of die misdadigers of hulle wapens nog in die omtrek was.

“Die polisie kon niks vind nie en geen arrestasies is gemaak nie.”

Geen eiendom is gesteel nie en die motief vir die moorde is nog onbekend.

Van die twee slagoffers wie se name aan die NUUS bekend is, is een op die toeneel dood en die ander het later in die hospitaal aan sy wonde beswyk.

Die Muldersdrift SAPD was nie beskikbaar vir kommentaar teen druktyd nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button