Oupa word 100 op Nuwejaarsdag
Oupa het sy geboortedag saam met sy vriende en familie by die Luncheon Club van Emmanuel Uitreik Klub gevier.
Oupa Lucas Hlatshwayo het die nuwe jaar tegemoet gegaan deur ook sy 100ste verjaardag te vier.
Oupa Lucas en sy oorlede vrou het by hulle kinders gewoon maar Ouma Rosinah is in Desember 2013 oorlede, en Oupa het nou alleen agter gebly.
Oupa gaan nou na sy dogter in Kagiso verhuis waar sy bedags na hom sal omsien aangesien sy ‘n tuisteskepper is.
Oupa het sy geboortedag saam met sy vriende en familie by die Luncheon Club van Emmanuel Uitreik Klub gevier.
Oupa en ouma was lede van die Uitreik Klub vir bejaardes wat elke Maandag in die NG Kerksaal in Magaliesburg vergader.
“Ons gaan Oupa en Ouma Hlatshwayo mis by die Klub want hulle was baie getroue bywoners. Ouma het verlede jaar geleer brei en het vir Oupa ‘n serp en keppie vir die winter gebrei,” vertel een van die lede van die klub.
Die NUUS wens Oupa Lucas ‘n voorspoedige 2014 toe en ook baie geluk met sy mylpaal-verjaardag.
