CrimeNewsUpdate

OPVOLG: Sesjarige meisie gemolesteer

Die pa het die buurman na bewering gevang sy dogter molesteer.

Die Krugersdorpse Polisiestasie sê ‘n sesjarige dogtertjie is na bewering op Saterdag 18 Januarie in Oatlands deur ‘n buurman gemolesteer.

Konstabel Tshepiso Mashale, ‘n polisiewoordvoerder het die voorval wat op ‘n kleinhoewe in Engelbrechtstraat plaasgevind het, bevestig.

“Daar is beweer dat die dogtertjie in die bure se sorg was omdat haar ouers hulle gevra het om na haar te kyk terwyl hulle moet werk.”

Nadat die pa van die werk af gekom het, het hy na die bure toe gegaan om sy dogtertjie te gaan haal waar hy die buurvrou buite die huis aangetref het.

“Hy het toe vir haar gevra waar sy dogter is, waarop sy geantwoord het dat sy in die huis by haar man is.”

Toe die pa die huis binnestap, het hy na bewering sy kind by die buurman gevind terwyl hy besig was om haar te molesteer.

“Die dogter het aan haar pa verduidelik wat gebeur het,” sê Mashale.

‘n Saak van molestering is by die Krugersdorp Polisiestasie oopgemaak waarna hy in aanhouding gehou was tot sy hofverskyning in die Krugersdorp Landdroshof op 20 Januarie.

Vyfjarige meisie verkrag op hoewe

‘n Vyf-jarige-dogtertjie is na bewering op Saterdag 18 Januarie in Oatlands verkrag.

Volgens inligting wat die NUUS bekom het, het die voorval op ‘n hoewe in Engelbrechtstraat gebeur en ‘n verdagte is glo daardie selfde dag inhegtenis geneem.

Konstabel Tshepiso Mashale, polisiewoordvoerder vir die Krugersdorp Polisiestasie kon nie bereik word om die voorval te bevestig nie.

Die NUUS sal meer inligting hieroor bekend maak sodra dit ontvang word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button