CrimeNews

Speurder vind moordenaar dae na moord

Die speurder het nagte deurgewerk om die verdagte op te spoor.

Kort nadat die NUUS verslag gelewer het oor die moord op Dan Pienaarville-inwoner Hennie Wagner (47), is die vermeende moordenaar vasgetrek en in aanhouding geplaas.

NUUS-verslaggewer Jacobus Myburgh het die besonderhede van die dag van die moord in ‘n artikel saamgevat waarin hy genoem het dat Wagner met sy lewe geboet het toe vermeende rowers hom by sy woonplek geskiet het.

Wagner het sy vrou probeer verdedig toe twee gewapende mans haar buite hul huis gedreig het en in die proses noodlottig gewond is.

Lede van die gemeenskap het die verdagte vasgetrek waarna hy later ontsnap het.

Speurder Glen Mothopi is aangestel om die saak te ondersoek en het die eksta myl gestap om te verseker dat geregtigheid geskied.

Volgens die woordvoerder van die Krugersdorp SAPD, konstabel Tshepiso Mashale het Mothopi dae lank tot laatnag gewerk om verklarings te neem en luidrade op te volg.

“Hy het selfs sy privaat voertuig in sy spaartyd gebruik om sy ondersoek te doen,” vertel sy.

“Dit het hom nie lank gevat om inligting te bekom oor waar die verdagte op daardie stadium was nie. Hy het besluit om hom vir ‘n geruime tyd dop te hou. Hy het vir die regte tyd gewag om op hom toe te slaan en etlike dae na die moord is die verdagte gearresteer,” vertel Mashale.

Die verdagte word tans by die Krugersdorp gevangenisdienste aangehou en sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord.

Die Krugersdorp SAPD bedank Mothopi vir sy harde werk en toewyding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button