Local newsNews

‘n Bietjie liefde vir die pad

Die vrouepersoneel van die Tarlton Polisiestasie het gesorg dat motoriste met 'n bietjie liefde bederf is op Valentynsdag 14 Februarie.

Die vrouepersoneel van die Tarlton Polisiestasie het nie die geleentheid laat verbygaan om motoriste op Valentynsdag 14 Februarie met ‘n bietjie liefde te bederf nie.

Die polisiestasie se Vrouenetwerk het vir ‘n uur lank by die kruising van Albertina Sisuluweg (R24) en die N14-snelweg gestaan waar hulle in rooi geklee motoriste met ‘n hartjieplakkaat laat stilhou het sodat daar met ‘n glimlag kaartjies, geskenkies en boodskappies uitgedeel kon word.

Adjudant-offisier Lilly Grobbelaar sê dit is gedoen om bewustheid onder motoriste te skep dat daar nie net altyd geweld op die paaie moet wees nie en dat dit soms nodig is om verdraagsaam teenoor mekaar te wees.

“Daarom het ons besluit om dit op Valentynsdag te doen omdat dit die perfekte geleentheid is, want almal word so ‘n bietjie deur Kupido se liefde meegevoer.”

Aan die ander kant van die pad het polisiebeamptes tussen 9vm en 10vm sowat 24 voertuie afgetrek en 75 mense deursoek. Geen boetekaartjies is uitgereik nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button