CrimeNews

Bende sak toe op beigheidsperseel: een gearresteer

'n Tang en mes is in die verdagte se besit gevind.

Een van vyf vermeende inbrekers is Maandagaand 3 Maart op ‘n besigheidsperseel in Krugersdorp vasgetrek en gearresteer danksy die flink reaksietyd van EPR Wes-Rand.

Volgens die operasionele bestuurder vir EPR Wes-Rand, Mac van Zyl het die reaksiedienste dié nag ‘n panieksein van ‘n kliënt ontvang wat in dieselfde straat – Adcockstraat – woon as waar die besigheidsperseel in Chamdor geleë is.

Reaksiebeampte André du Plessis het gereageer op die inligting van ‘n kliënt dat ‘n groep mans ‘n perseel in dieselfde straat waarin hy woon, onwettig betree het. Du Plessis het kort daarna ‘n groep van vyf verdagtes op die besigheidsgronde betrap.

“Die mans het onmiddellik in verskeie rigtings gevlug, maar Du Plessis was net te vinnig vir een van die verdagtes. Hy het hom vasgetrek, gearresteer en aan die polisie oorhandig toe hulle later op die toneel aankom,” vertel Van Zyl

Beamptes het onder andere ‘n tang en ‘n mes in die verdagte se besit gevind en dit gekonfiskeer.

“Die items in sy besit het vir ons aangedui dat die verdagte se motief was om in te breek,” noem Van Zyl.

Die verdagte is na sy arrestasie na die Kagiso Polisiestasie geneem waar hy in houding sal bly totdat hy in die hof moet verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button