Bekende Krugersdorp gemeenskapsfiguur sterf
Hy sal onthou word vir hulvaardigheid en liefedevolheid.
Die bekende Krugersdorpse bouer, gemeenskapsfiguur en familieman, Izak van der Merwe het na ‘n jaar en ses maande sy stryd teen pankreaskanker verloor en tot sterwe gekom in die Netcare Bellstraat Hospiraal op 21 Februarie.
Van der Merwe is Donderdag 27 Februarie vanuit ‘n volgepakte NG Kerk Paardekraal begrawe.
Volgens sy vrou Helena van der Merwe met wie hy vir amper 50 jaar getroud was het Izak baie mense in sy omgewing se lewe verryk deur sy nederige optrede en handewerk.
“Hy was baie liefdevolle en het oral handjie bygesit om die lewe van talle Krugersdorp inwoners makliker te maak.”
“In tye van eensaamheid, siekte en swaarkry was hy altyd tevrede en blymoedig. Ons as sy familie dank ons Hemelse Vader vir die voorreg wat ons gehad het om hom vir 70 jaar by ons te hê,” se sy.
Izak laat sy vrou, twee kinders Renee Kruger en Izak (Jnr) van der Merwe, vyf kleinkinders en een agterkleinkind na.
