Local newsNews

Motorfietsdiefstalle neem ook toe

Motorfietse en bakkiekappies is tans gesogte items vir diewe.

Inwoners van Krugersdorp word weereens gemaan dat motorfietse en bakkiekappies tans gesogte items vir diewe is.

Tiaan Vermeulen, ‘n werknemer van Dis-Chem by President Hyper in Krugersdorp het ook onlangs deurgeloop toe sy oranje KTM Superduke 990 motorfiets op 19 Februarie by die sentrum waar hy werk gesteel is.

“Ek het ‘n oproep van ‘n kollega ontvang, wat in daardie stadium met middagete was, wat my meegedeel het dat iemand pas met my fiets weggery het.”

Vermeulen, wat nou van sy vervoer na sy werk en huis toe ontneem is, sê dat hulle R5 000 as beloning te gee indien iemand vir hulle inligting het wat hulle sal help om die motorfiets terug te kry.

“Hierdie tipe motorfiets is baie skaars en daar is nie baie van hulle in Suid-Afrika nie.”

Enigiemand met inligting oor die motorfiets kan Vermeulen by 076 390 5211 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button