Local newsNews

Skool vir gestremdes put inspirasie uit skoonhede

Melinda Bam kuier by die Wes-Randse Skool vir gestremdes en deel van haar skoonheids geheime.

Melinda Bam, ‘n voormalige Mej Suid-Afrika, en model en besigheidsvenoot Anja Zyl het Donderdag 15 Maart ‘n groep meisies van Wes-Randse Skool verras met ‘n kuiertjie.

Melinda en Anja het om en by 60 meisies van die skool toegespreek as deel van ‘n bemarkingsveldtog vir hul werkswinkel reeks genaamd Model Mentality.

Die werkswinkel poog om positiwiteit en ‘n gesonde selfbeeld onder jong meisies te kweek.

Tydens hul praatjie by die skool het die twee modelle oor die druk van media en die samelewing op jong meisies gepraat.

Die meisies is toegerus met vaardighede wat hul sal help om die druk en verwagtinge van die wêreld om hulle te hanteer en is herhinner dat hulle ‘n unieke bydrae in hul omgewing kan maak.

Adjunkhoof by die skool, Leonore Coetzer sê die meisies se reaksies was verblydend.

“Motiveringsfrases soos dat elke meisie spesiaal, mooi, ‘n prinses en ‘n talentvolle individue is het die kinders bygebly en hulle kon nie uitgepraat raak oor hoe hul na die praatjie gevoel het nie,” vertel Leonore.

Daar was ook tyd gemaak vir baie individuele aandag en Melinda en Anja het eers gegroet toe die laaste drukkie uitgedeel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button