Local newsNewsSchools
Nories se redenaarskampioene
Sewe leerlinge van Laerskool Krugersdorp-Noord het tydens hulle skool se redenaarskompetisie as kampioene uit die stryd getree.
Dit was vir verskeie leerlinge van Laerskool Krugersdorp-Noord senutergend toe hulle op 10 Maart aan ‘n redenaarskompetisie in die skoolsaal deelgeneem het.
Hierdie kompetisie word gehou om kinders van jongs af te leer dat dit glad nie ‘n vee-die-sweet-van-die-voorkop-af oomblik hoef te wees as hulle ‘n praatjie voor ander mense of ‘n gehoor moet lewer nie.
Vir hierdie kompetisie is daar ‘n wenner in elke graad aangewys.
Die wenners is Dawid de Beer (Graad 1), Liané Brits (Graad 2), Stefan Joubert (Graad 3), Miané le Roux (Graad 4), Martin Herbst (Graad 5), Eben Steyn (Graad 6) en René Weideman (Graad 7).
Baie geluk aan al hierdie wenners!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
